Genesis 41:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dit het gebeur in die môre dat sy gees ontsteld was; en hy het gestuur en al die towenaars van Egipte en al sy wyse manne laat roep; en Farao het hulle sy droom vertel; maar daar was niemand wat dit vir Farao kon uitlê nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die volgende oggend het die farao hom bekommer oor wat die drome sou beteken. Hy roep toe al die waarsêers en wyse manne van Egipte en vertel hulle van sy drome. Maar niemand kon die drome uitlê nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Di, môre was sy gees onrustig, en hy het al die towenaars en al die wyse manne van Egipte laat roep; en Farao het aan hulle sy droom vertel, maar niemand kon dit aan Farao uitlê nie. |
| Afrikaans 1983 | Die môre was die farao onrustig oor die drome. Hy het al die waarsêers van Egipte en ook die raadgewers almal laat roep en vir hulle sy droom vertel. Maar niemand kon dit vir hom uitlê nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die oggend was sy gees onrustig, en hy ontbied toe al die waarsêerpriesters en wyses van Egipte. Die farao vertel toe vir hulle sy drome; maar niemand kon dit vir die farao verklaar nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die volgende oggend was die farao bekommerd oor sy drome. Hy het al die waarsêers laat roep, en ook die slim mense wat altyd vir hom moes sê wat die regte ding is om te doen. Die farao het vir hulle vertel wat hy gedroom het, maar daar was niemand wat vir hom kon sê wat sy drome beteken nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die volgende oggend was die farao baie onrustig. Hy het al Egipte se geleerde en wyse manne bymekaargeroep en vir hulle van sy drome vertel. Niemand kon egter sy drome verklaar nie. |