Genesis 41:56 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die hongersnood was oor die hele aarde, en Josef het al die voorraadkamers oopgemaak en aan die Egiptenaars verkoop; en die hongersnood het swaar geword in Egipteland. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daar was hongersnood oor die hele wêreld. Josef het toe die skure oopgemaak en graan aan die Egiptenaars begin verkoop. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die hongersnood was oor die hele oppervlakte van die aarde, en Josef het alles waarin iets was, oopgemaak en aan die Egiptenaars verkoop; en die hongersnood was swaar in Egipteland. |
| Afrikaans 1983 | Oor die hele wêreld was daar hongersnood, en toe dit straf word in Egipte, het Josef die graanskure oopgesluit en wat daarin was, aan die Egiptenaars begin verkoop. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe daar hongersnood oor die hele land was, het Josef al die voorraadskure oopgemaak en graan aan die Egiptenare verkoop. Die hongersnood was straf in Egipteland. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe die kos in die land min word, het Josef die stoorkamers oopgemaak en hy het koring aan die Egiptenaars verkoop. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe die hongersnood op sy ergste was en daar omtrent geen kos in die land meer was nie, het Josef die groot voorraadkamers oopgemaak en vir elke Egiptenaar sy deel afgemeet. Die hongersnood het dag vir dag vererger. |