Genesis 41:55 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe die hele Egipteland uitgehonger was, het die volk na Farao geroep om brood; en Farao het aan al die Egiptenaars gesê: Gaan na Josef; doen wat Hy vir julle sê. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | In Egipte het mense ook begin honger ly. Hulle pleit toe by die farao vir kos, maar hy het gesê: “Gaan na Josef toe en doen wat hy ook al vir julle sê.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe die hele Egipteland honger gely en die volk na Farao geroep het om brood, sê Farao aan al die Egiptenaars: Gaan na Josef, doen wat hy julle sê. |
| Afrikaans 1983 | want toe die hongersnood Egipte tref en die mense vir die farao kos vra, het hy vir al die Egiptenaars gesê: “Gaan na Josef toe en doen wat hy sê.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe die hele Egipteland ook honger ervaar, en die volk by die farao om hulp roep vir brood, het die farao vir al die Egiptenare gesê: “Gaan na Josef! Wat hy vir julle sê, moet julle doen.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe die mense van Egipte begin honger ly, het hulle vir die farao kos gaan vra. Die farao het vir al die mense van Egipte gesê: “Gaan na Josef toe en doen wat hy vir julle sê.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Telkens wanneer die honger Egipte se mense gepak het, het hulle by die farao kos gaan vra. Dan het hy vir hulle gesê: “Gaan na Josef toe en doen presies wat hy vir julle sê.” |