Genesis 41:54 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die sewe jare van gebrek het begin kom, soos Josef gesê het: en die gebrek was in al die lande; maar in die hele Egipteland was daar brood.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe begin die tydperk van hongersnood, soos Josef gesê het. Hongersnood het in al die omliggende lande uitgebreek, maar in Egipte was daar genoeg graan in die skure.
Afrikaans 1933/1953 en die sewe jare van hongersnood het begin aankom soos Josef voorspel het. En daar was hongersnood in al die lande, maar in die hele Egipteland was daar brood.
Afrikaans 1983 het die sewe jaar hongersnood begin. So het Josef dit destyds aangekondig. In al die lande was daar hongersnood, maar in die hele Egipte was daar kos,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en sewe jaar van hongersnood het aangebreek, net soos Josef gesê het. Daar was hongersnood in al die lande, maar in die hele Egipteland was daar brood.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarna het die sewe slegte jare begin, die jare toe daar min kos was. Dit was presies soos Josef gesê het. Daar was min kos in al die ander lande, maar in Egipte was daar genoeg kos.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe het sewe moeilike jare gevolg, net soos Josef gesê het. In al die lande was daar hongersnood, maar in Egipte het die mense kos gehad.