Genesis 41:51 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Josef het die eersgeborene Manasse genoem: want God, het hy gesê, het my al my moeite en die hele huis van my vader laat vergeet.
Afrikaans (NLV) 2011 Josef het die oudste een Manasse genoem, want hy het gesê: “God het my al my swaarkry laat vergeet, en alles wat my familie teen my gedoen het.”
Afrikaans 1933/1953 En Josef het die eersgeborene Manasse genoem; want, het hy gesê, God het my al my moeite laat vergeet en ook die hele huis van my vader.
Afrikaans 1983 Hy het die oudste Manasse genoem, “want,” het hy gesê, “God het my alles laat vergeet: al my swaarkry en alles wat my familie my aangedoen het.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Josef het die eersgeborene Manasse genoem, “want,” het hy gesê, “God het my al my swaarkry laat vergeet, en ook my hele familie”.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Josef het sy oudste seun Manasse genoem. Hy het gesê: “God het my gehelp om te vergeet dat ek swaargekry het, en ook om te vergeet van my familie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Josef het die oudste Manasse genoem, want, het hy gesê, “God het my al die swaarkry in Egipte asook my ouerhuis laat vergeet”.