Genesis 41:50 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En vir Josef is twee seuns gebore voordat die jare van hongersnood gekom het, wat Asenat, die dogter van Potifera, die priester van On, vir hom gebaar het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Gedurende hierdie tyd, voor die aanbreek van die eerste jare van hongersnood, het Josef se vrou, Asenat, die dogter van Poti-Fera, priester van On, twee seuns vir hom in die wêreld gebring. |
| Afrikaans 1933/1953 | En vir Josef is twee seuns gebore -- voordat die jaar van hongersnood gekom het -- wat Asenat, die dogter van Potif,ra, die priester van On, vir hom gebaar het. |
| Afrikaans 1983 | Reeds voor die jare van hongersnood begin het, is daar vir Josef twee seuns gebore. Sy vrou Asenat, dogter van Poti-Fera priester van On, het hulle vir Josef in die wêreld gebring. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Vir Josef is twee seuns gebore voordat die jare van hongersnood aangebreek het – seuns wat Asenat, die dogter van Poti-Fera, die priester van On, vir hom in die wêreld gebring het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Josef en sy vrou Asenat het twee seuns gehad. Hulle is gebore vóór die tyd toe daar hongersnood was. Asenat was die dogter van Poti-Fera, die priester van On. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Voor die swaar jare gekom het, het Josef twee seuns gekry. Dit was die seuns wat Asenat, die dogter van Potifera, die priester van On, vir hom in die wêreld gebring het. |