Genesis 41:49 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Josef het koring bymekaargemaak soos die sand van die see, baie, totdat hy die telling verlaat het; want dit was sonder getal. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Na sewe jaar was die graanskure propvol. Daar was soveel graan soos die sand by die see sodat hy nie meer daarvan rekord kon hou nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | So het Josef dan 'n baie groot hoeveelheid koring opgehoop soos die sand van die see, totdat hulle opgehou het om te tel, want dit was ontelbaar. |
| Afrikaans 1983 | Josef het so baie koring bymekaargemaak dat dit net soveel was as die sand van die see. Hy het later opgehou om aan te teken hoeveel daar was, want dit was te veel om te tel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Josef het graan opgegaar soos die sand van die see, besonder baie, totdat hy opgehou het om dit te tel; want dit was ontelbaar. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Josef het die koring in die stoorkamers gebêre. Dit was baie, so baie soos die sand van die see. Hy het later opgehou om alles te weeg, want dit was te veel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Josef het massas koring opgegaar. Dit was naderhand so ontelbaar soos die sand van die see. Josef het later opgehou om van alles boek te hou, want dit was onmoontlik. |