Genesis 41:48 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het al die spys van die sewe jaar wat in Egipteland was, bymekaargemaak en die voedsel in die stede weggesit; die voedsel van die veld wat rondom elke stad was, het hy daarin weggelê. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Josef het gedurende dié sewe jaar al die oeste van Egipte in graanskure opgegaar. Die opbrengste van die landerye is in die naaste stad van daardie omgewing gebêre. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het hy al die voedsel van die sewe jare versamel wat in Egipteland gekom het, en voedsel in die stede weggesit -- die voedsel van die land wat rondom elke stad was, het hy daarin weggesit. |
| Afrikaans 1983 | en Josef het al die graan wat daar in hierdie jare in Egipte was, bymekaargebring en in graanskure gebêre: in elke stad is die graan uit die lande van daardie omgewing gebêre. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het al die voedsel wat daar in sewe jaar in Egipteland was, bymekaar gemaak. Hy het die voedsel in die dorpe ingebring. Die voedsel van die dorp se landerye wat daar rondom was, het hy daar ingebring. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Josef het al die koring laat bymekaarmaak in die sewe jaar toe daar baie kos in Egipte was. Hy het die koring-oes van elke deel van die land gebêre in die stede wat daar naby was. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Josef het egter presies geweet wat om met die ryk oeste te doen. Met groot kundigheid het hy die kos in stede gestoor. In elke stad is die oeste van die omgewing opgeberg. |