Genesis 41:45 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Farao het Josef se naam Safnat-Panea genoem; en hy het hom aan Asenat, die dogter van Potifera, die priester van On, as vrou gegee. En Josef het uitgetrek oor die hele Egipteland.
Afrikaans (NLV) 2011 Die farao het hom ’n nuwe naam, Safenat-Paneag, gegee. Hy het Asenat, die dogter van Poti-Fera, die priester van On, vir hom as vrou gegee.
Afrikaans 1933/1953 En Farao het Josef genoem S fenat-Pan,ag en aan hom Asenat, die dogter van Potif,ra, die priester van On, as vrou gegee. En Josef het uitgetrek oor Egipteland.
Afrikaans 1983 [45-46] Die farao het Josef Safenat-Paneag genoem en vir hom Asenat, dogter van Poti-Fera priester van On, as vrou gegee. Josef was dertig jaar oud toe hy in die diens van die farao die koning van Egipte getree het. Josef is van die farao af weg en het die land deurgegaan, die hele Egipte.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die farao het Josef die naam Safenat-Paneag gegee, en hy het Asenat, die dogter van Poti-Fera, die priester van On, aan hom as vrou gegee. Josef het Egipteland deurreis.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die farao het vir Josef 'n ander naam gegee. Hy het hom Safenat-Paneag genoem en hy het vir Josef 'n vrou gegee. Haar naam was Asenat en sy was die dogter van Poti-Fera, die priester van die stad On.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die farao het vir Josef ’n ander naam gegee en hom Safenat-Paneag begin noem. Hy het hom ook ’n vrou gegee en haar naam was Asenat. Sy was die dogter van Potifera, die priester van On. Josef het deur die hele Egipte gereis.