Genesis 41:44 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Farao vir Josef: Ek is Farao, en sonder jou mag niemand sy hand of voet in die hele Egipteland ophef nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die farao sê vir Josef: “Ek is die koning, maar niemand sal in die ganse Egipte ’n vinger verroer of ’n voet versit sonder jou goedkeuring nie.”
Afrikaans 1933/1953 En Farao sê vir Josef: Ek is Farao, maar sonder jou mag niemand sy hand of voet in die hele Egipteland verroer nie.
Afrikaans 1983 Toe het die farao vir Josef gesê: “Ek bly die farao, maar sonder jou toestemming mag niemand in Egipte 'n vinger verroer of 'n voet versit nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die farao het vir Josef gesê: “Ek is die farao, maar sonder om jou in ag te neem, mag niemand in die hele Egipteland 'n hand of 'n voet lig nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die farao het vir Josef gesê: “Ek is die farao, maar almal in Egipte moet luister na jou, niemand mag iets doen as jy dit nie sê nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die farao het verder vir Josef gesê: “Alhoewel ek die farao is, sal niemand in hierdie land ’n vinger verroer of ’n voet versit sonder jou toestemming nie.”