Genesis 41:43 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het hom laat ry op die tweede wa wat hy gehad het; en hulle het voor hom uitgeroep: Buig die knie, en hy het hom as heerser oor die hele Egipteland aangestel.
Afrikaans (NLV) 2011 Die farao het ook sy tweede beste wa vir hom gegee. Oral waar hy gegaan het, het hulle voor hom uitgeroep: “Eer hom! Eer hom!” Op hierdie manier is Josef oor die hele Egipte aangestel.
Afrikaans 1933/1953 en hom laat ry op sy tweede rytuig; en hulle het voor hom uitgeroep: Pas op! So het hy hom dan oor die hele Egipteland aangestel.
Afrikaans 1983 en hom laat ry op die tweede beste wa van die farao. Daar is voor Josef uitgeroep: “Betoon hom eer!” So is Josef oor die hele Egipte aangestel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het Josef laat ry op die tweede strydwa wat aan hom behoort, en daar is voor hom uitgeroep: “Gee pad!” So het hy hom oor die hele Egipteland aangestel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het vir Josef op sy tweede beste oorlogkar laat ry, en die mense het geskree: “Julle moet buig voor Josef!” So het die farao vir Josef die hoof gemaak oor die hele Egipte.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe het hy Josef in die wa van die onderkoning laat klim en hom deur die strate gelei terwyl almal skreeu: “Gee pad voor!” So is Josef, die seun van Jakob, dan oor die hele land aangestel.