Genesis 41:40 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) U moet oor my huis wees, en volgens U woord sal my hele volk regeer word; net op die troon sal ek groter as U wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek stel jou aan oor die projek en oor die paleis. Jy sal oor al my onderdane gesag hê. Net ek sal meer mag as jy hê.”
Afrikaans 1933/1953 Jy moet oor my huis wees, en na jou bevel moet my hele volk hulle skik; alleen deur die troon sal ek groter wees as jy.
Afrikaans 1983 Ek stel jou aan oor my paleis. “My volk moet jou gehoorsaam. Net ek sal meer mag hê as jy.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) sal jy self hoof van my hofhouding word, en aan jou bevele sal my hele volk gehoorsaam wees. Net wat die troon betref, is ek jou meerdere.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy sal die hoof van die land wees. Al my mense moet luister na jou en hulle moet doen wat jy sê. Net ek sal belangriker wees as jy, omdat ek die farao is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Van vandag af sal jy in beheer van my paleis wees en al my mense sal na jou luister. Net ek sal meer mag hê as jy.