Genesis 41:38 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Farao vir sy dienaars: Kan ons so iemand vind soos hierdie, 'n man in wie die Gees van God is?
Afrikaans (NLV) 2011 Die farao beraadslaag toe met sy amptenare: “Waar sal ons nog iemand kry soos hierdie man? Hy het verseker die gees van die gode in hom.”
Afrikaans 1933/1953 Daarop het Farao aan sy dienaars gesê: Kan ons wel iemand vind soos hierdie man in wie die Gees van God is?
Afrikaans 1983 Toe sê die farao vir sy amptenare: “Waar kry ons so iemand, 'n man met die verstand van 'n god?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en die farao het vir sy dienaars gevra: “Sal ons so iemand vind, 'n man in wie die Gees van God is?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die farao sê toe vir sy amptenare: “Daar is nie 'n ander man soos hierdie man nie. God het hierdie dinge vir hom gewys.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die farao het vir sy amptenare gesê: “Waar is daar nog ’n man soos Josef in wie die Gees van God is? Iemand met so ’n gawe sal ons nooit weer kry nie.”