Genesis 41:36 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daardie voedsel sal vir die land as voorraad wees vir die sewe jare van hongersnood wat in Egipteland sal wees; dat die land nie vergaan deur die hongersnood nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Op hierdie manier sal daar genoeg wees om te eet wanneer die sewe jaar van hongersnood aanbreek. Indien dit nie gedoen word nie, sal ’n ramp die land tref en al die mense sal omkom.” |
| Afrikaans 1933/1953 | So sal dan die voedsel 'n voorraad wees vir die land vir die sewe jare van hongersnood wat in Egipteland sal kom, sodat die land nie deur die hongersnood te gronde gaan nie. |
| Afrikaans 1983 | Die graan moet vir die land in reserwe gehou word, dit moet vir die sewe jaar van hongersnood beskikbaar wees in Egipte. Dan sal die hongersnood nie die land uitroei nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die voedsel sal as voorraad vir die land dien vir die sewe jaar van hongersnood wat in Egipteland sal heers, sodat die land nie deur hongersnood ten gronde gaan nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar sal dan kos wees om te gebruik in die sewe jare wanneer die koring-oes min sal wees in Egipte. Dan sal dit nie so sleg gaan met die land nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Uit hierdie voedselvoorrade moet die mense dan gedurende die sewe honger jare leef. So sal die land hierdie verskriklike ramp oorleef.” |