Genesis 41:34 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Laat Farao dit doen en laat hom offisiere oor die land aanstel en die vyfde deel van Egipteland in die sewe oorvloedige jare inneem.
Afrikaans (NLV) 2011 Die farao moet dan beamptes oor die hele land aanstel sodat hulle een vyfde van die oeste gedurende die sewe voorspoedige jare kan invorder.
Afrikaans 1933/1953 Farao moet so maak en opsigters oor die land aanstel en in die sewe jare van oorvloed die vyfde deel hef van die opbrings van Egipteland.
Afrikaans 1983 Die farao moet dít doen: u moet beamptes vir die hele land aanstel en die land tydens die sewe jaar van oorvloed behoorlik organiseer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die farao moet optree en opsigters aanstel oor die land, en hy moet in die sewe jaar van oorvloed een vyfde van Egipteland se oes opeis.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit is wat jy moet doen: Jy moet amptenare kies en aanstel oor Egipte en hulle moet een vyfde van die koring-oes bymekaarmaak in die sewe goeie jare.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) U moet ook bekwame bestuurders oor die hele land aanstel. Hulle moet ’n belasting van ’n vyfde van alles wat die land produseer, hef tydens die goeie jare.