Genesis 41:32 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En daarom is die droom vir Farao twee maal verdubbel; dit is omdat die saak deur God vasgestel is, en God sal dit binnekort laat gebeur.
Afrikaans (NLV) 2011 Die feit dat die droom herhaal is, beteken dat die saak by God vasstaan en dat Hy dit spoedig sal doen.
Afrikaans 1933/1953 En wat dit betref dat die droom twee maal vir Farao herhaal is -- dit is omdat die saak deur God vas besluit is en God dit gou sal doen.
Afrikaans 1983 “Die droom het twee keer na u toe gekom omdat die saak vas staan by God. Hy sal dit binnekort uitvoer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En wat die herhaling van die droom aan die farao op twee maniere betref: Omdat die saak van God se kant af vasstaan, is God haastig om dit gou te doen.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die droom het twee maal na jou toe gekom, want God het dit klaar besluit en Hy sal nie lank wag om dit te doen nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “U het twee keer dieselfde ding gedroom omdat God u wil verseker dat alles wel so gaan gebeur. En boonop sal dit alles gou gebeur.