Genesis 41:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die oorvloed sal in die land nie bekend wees nie vanweë die hongersnood wat daarop volg; want dit sal baie swaar wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Die hongersnood sal so erg wees dat die jare van voorspoed nie onthou sal word nie.
Afrikaans 1933/1953 En van die oorvloed sal in die land niks gemerk word weens die hongersnood wat daarna sal wees nie; want dit sal baie swaar wees.
Afrikaans 1983 Die hongersnood sal so straf wees dat 'n mens later niks meer van die oorvloed sal merk nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die oorvloed in die land sal vanweë die hongersnood wat daarop volg, nie meer onthou word nie. Ja, dit sal baie erg wees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense sal nie meer kan onthou van die baie kos wat daar was nie, omdat dit dan so sleg sal gaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dag vir dag sal die land deur hongersnood verwoes word en van die goeie jare sal niks oorbly nie, so verskriklik sal hierdie hongersnood wees.