Genesis 41:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ná hulle sal sewe jaar van hongersnood opkom; en al die oorvloed sal in Egipteland vergeet word; en die hongersnood sal die land verteer;
Afrikaans (NLV) 2011 Daarna sal daar egter sewe jaar van hongersnood aanbreek. Dit sal só erg wees dat mense die voorspoed sal vergeet. Die hongersnood sal ’n groot ramp oor die land bring.
Afrikaans 1933/1953 maar daarna sal sewe jare van hongersnood aanbreek, en al die oorvloed sal in Egipteland vergeet word, en die hongersnood sal die land verteer.
Afrikaans 1983 Dan breek daar sewe jaar hongersnood aan. Die mense sal die voorspoed wat daar in die hele Egipte was, vergeet en die hongersnood sal die land op sy knieë bring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar daarna breek sewe jaar van hongersnood aan, en al die oorvloed in Egipteland sal vergete wees. Die hongersnood sal die land uitmergel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarna sal daar sewe jaar lank hongersnood wees. Die mense sal vergeet hoe baie kos daar was. Die mense en die land sal arm word.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarna volg sewe slegte jare. Oral sal daar hongersnood wees en die mense sal die goeie jare gou vergeet.