Genesis 41:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En kyk, sewe ander koeie het agter hulle uit die rivier opgekom, sleg van guns en maer van vleis; en by die ander koeie op die rand van die rivier gaan staan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe kom daar sewe ander koeie uit die water uit, maar hulle was lelik en baie maer. Hulle het by die vet koeie gaan staan. |
| Afrikaans 1933/1953 | En kyk, nhulle kom daar nog sewe koeie uit die Nyl uit op wat lelik van aansien en maer van vleis was, en hulle het by die ander koeie op die wal van die Nyl gaan staan. |
| Afrikaans 1983 | Ná hulle kom daar toe sewe ander koeie uit die rivier uit. Hulle was lelik en maer en het langs die ander koeie op die rivierwal gaan staan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar kyk, sewe ander koeie wat lelik lyk en maer is, kom toe ná hulle op uit die Nyl, en hulle gaan staan langs die koeie op die wal van die Nyl. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarna het daar ook sewe ander koeie uit die Nyl-rivier gekom. Hulle was lelik en maer en hulle het by die vet koeie op die rivier se wal gaan staan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Na ’n ruk het sewe ander koeie uit die water gekom. Hulle was maer en lelik, en het tussen die ander koeie op die Nyloewer gewei. |