Genesis 41:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die sewe maer en swak koeie wat ná hulle opgekom het, was sewe jaar lank; en die sewe leë are wat deur die oostewind aangeblaas is, sal sewe jare van hongersnood wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die sewe maer en lelike koeie en die sewe droë en verskrompelde are dui op sewe jaar van hongersnood. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die sewe maer en lelike koeie wat nhulle opgekom het, is sewe jare; en die sewe maer, deur die oostewind verskroeide are sal sewe jare van hongersnood wees. |
| Afrikaans 1983 | Die sewe maer, lelike koeie wat daarna uit die rivier gekom het, en die sewe skraal are wat deur die oostewind verskroei is, is ook sewe jaar, sewe jaar hongersnood. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die sewe maer en lelike koeie wat ná hulle opgekom het, is sewe jare, en ook die sewe maer are, verskroei deur die oostewind. Dit sal sewe jaar van hongersnood wees. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die sewe maer, lelike koeie wat ná hulle uitgekom het, beteken sewe jare, en die sewe maer koring-are beteken ook sewe jare. Die warm oostewind het die koring-are droog gewaai. Daar sal sewe jaar lank hongersnood wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die sewe maer en uitgeteerde koeie sowel as die sewe dor en droë are vertel van sewe jaar van hongersnood. |