Genesis 41:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Josef vir Farao: Die droom van Farao is een: God het aan Farao bekend gemaak wat hy gaan doen. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Albei die drome beteken dieselfde ding,” sê Josef vir die farao. “God het vir u vertel wat Hy van plan is om te doen. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê Josef vir Farao: Die droom van Farao is een en dieselfde. Wat God van plan is om te doen, het Hy aan Farao te kenne gegee. |
| Afrikaans 1983 | Toe sê Josef vir die farao: “U het maar net een droom gehad. Wat God wil doen, het Hy aan u meegedeel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Josef sê toe vir die farao: “Die drome van die farao – dit is maar een droom. Dit wat God gaan doen, het Hy aan die farao bekend gemaak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Josef het vir die farao gesê: “Die twee drome wat jy gehad het, beteken dieselfde. God het vir jou gesê wat Hy wil doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Josef het toe vir die farao gesê: “Albei drome het dieselfde betekenis. Deur die drome wou God u vertel wat Hy in Egipte gaan doen. |