Genesis 41:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die maer are het die sewe goeie are opgeëet, en ek het dit aan die towenaars vertel; maar daar was niemand wat dit aan my kon verklaar nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die verskrompelde are sluk toe die sewe mooi are in. Ek het dit vir my waarsêers vertel, maar nie een van hulle kon my sê wat dit beteken nie.”
Afrikaans 1933/1953 en die sewe maer are het die sewe mooi are verslind. En ek het dit aan die towenaars meegedeel, maar niemand kon my inligting gee nie.
Afrikaans 1983 Die skraal are sluk toe die sewe mooi are in. “Ek het dit vir die waarsêers vertel, maar niemand kon my iets sê nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en toe sluk die maer are die sewe mooi are in! Ek het dit vir die waarsêerpriesters vertel, maar niemand kon dit vir my verduidelik nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die sewe maer koring-are sluk toe die sewe mooi koring-are in. “Ek het dit vertel vir die waarsêers, maar niemand kon vir my sê wat my drome beteken nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) En daar vreet die dun are toe die vol are op. Ek het albei drome vir die towenaars vertel, maar hulle kon dit nie uitlê nie.”