Genesis 41:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe hulle dit opgeëet het, was dit nie bekend dat hulle dit geëet het nie; maar hulle was nog steeds sleg bevoorreg, soos in die begin. So het ek wakker geword.
Afrikaans (NLV) 2011 Nadat hulle die ander ingesluk het, kon ’n mens dit nie sien nie, want hulle het nog net so sleg gelyk soos vantevore. Toe skrik ek wakker.
Afrikaans 1933/1953 die het in hulle maag ingegaan, maar 'n mens kon nie merk dat hulle in hul maag ingegaan het nie; want hulle aansien was lelik soos in die begin. Toe het ek wakker geword.
Afrikaans 1983 Nadat hulle ingesluk was, kon jy dit nie aan die maeres merk nie: hulle het nog net so sleg gelyk as aan die begin. “Toe het ek wakker geskrik.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe hulle in hulle ingewande was, kon 'n mens nie eers sien dat hulle in hulle ingewande ingegaan het nie. Hulle het so sleg gelyk soos aan die begin. Toe het ek wakker geword.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het die vet koeie ingesluk, maar 'n mens kon nie sien dat hulle die vet koeie opgevreet het nie, want hulle was so maer soos voorheen. Toe het ek wakker geword.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Snaakse ding gebeur toe. Nadat die sewe koeie die ander opgevreet het, was hulle nog net so maer en uitgeteer soos vroeër. Toe het ek wakker geword.