Genesis 41:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En kyk, daar het nog sewe koeie agter hulle aan opgekom, arm en baie sleg bevoorreg en maer van vleis, soos ek nog nooit in die hele Egipteland gesien het weens slegtheid nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar toe kom daar ook sewe ander koeie uit die water uit. Hulle was baie maer en lelik — so lelik soos ek nog nooit in Egipte gesien nie! |
| Afrikaans 1933/1953 | En kyk, nhulle kom daar nog sewe koeie op, skraal en baie lelik van uiterlik en maer van vleis; ek het soos hulle so lelik in die ganse Egipteland nie gesien nie. |
| Afrikaans 1983 | Ná hulle kom daar toe sewe ander koeie uit die rivier uit. Hulle was lelik en maer. Ek het nog nooit sulke lelike diere in Egipte gesien nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar kyk, sewe ander koeie wat treurig en baie lelik lyk, kom toe ná hulle op uit die Nyl. Ek het in die hele Egipteland nog nooit koeie gesien wat so lelik soos hulle is nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarna het daar sewe ander koeie uitgekom na hulle toe. Hulle was baie lelik en maer. Ek het nog nooit leliker koeie in Egipte gesien nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Net agter hulle kom daar toe sewe ander koeie uit. Maer, uitgeteer en net vel en been. Nog nooit het ek sulke misvormde koeie in Egipte gesien nie. |