Genesis 41:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Josef het Farao geantwoord en gesê: Dit is nie in my nie: God sal Farao 'n antwoord van vrede gee.
Afrikaans (NLV) 2011 “Nee, ek kan nie!” antwoord Josef. “Maar God kan die verklaring gee.”
Afrikaans 1933/1953 En Josef het Farao geantwoord en gesê: Niks vir my nie! God sal Farao 'n gunstige antwoord gee.
Afrikaans 1983 Josef het vir die farao gesê: “Nie ek nie! God gee dié goeie antwoord vir u.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Josef het die farao geantwoord: “Dit berus nie by my nie! Net God kan 'n gunstige antwoord gee vir die farao.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Josef het vir die farao gesê: “Dit is nie ék wat dit doen nie. Dit is Gód wat vir jou die regte antwoord sal gee.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Eintlik is dit nie ek nie, Meneer,” het Josef gesê, “maar God wat u drome kan uitlê.”