Genesis 41:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Farao vir Josef: Ek het 'n droom gedroom, en daar is niemand wat dit kan uitlê nie; en ek het van jou hoor sê dat jy 'n droom kan verstaan om dit uit te lê. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Ek het laas nag ’n droom gehad,” vertel die farao, “maar niemand kon dit vir my verklaar nie. Ek hoor jy kan drome uitlê.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê Farao vir Josef: Ek het 'n droom gehad, en daar is niemand wat dit kan uitlê nie; maar ek het van jou hoor verklaar dat jy 'n droom net hoef te hoor om dit uit te lê. |
| Afrikaans 1983 | Die farao het vir Josef gesê: “Ek het 'n droom gehad, maar daar is niemand wat dit kan uitlê nie. Toe het ek van jou gehoor: jy lê 'n droom uit as jy hom hoor.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die farao sê toe vir Josef: “Ek het 'n droom gehad, en daar is niemand wat dit kan verklaar nie. Ek het van jou gehoor, naamlik dat jy net 'n droom hoef te hoor om dit te verklaar.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die farao sê toe vir Josef: “Ek het gedroom, maar niemand kan vir my sê wat die drome beteken nie. Ek het gehoor dat jy kan sê wat 'n droom beteken as jy dit hoor.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die farao het kortaf vir Josef gesê: “Ek het twee drome gehad, maar niemand kan my sê wat dit beteken nie. En toe hoor ek by die hoofskinker dat jy drome kan uitlê die oomblik wat jy dit hoor.” |