Genesis 41:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En daar was by ons 'n jongman, 'n Hebreër, dienaar van die owerste van die lyfwag; en ons het hom dit vertel, en hy het ons drome vir ons uitgelê; vir elkeen volgens sy droom het hy uitgelê.
Afrikaans (NLV) 2011 Ons het die drome vertel vir ’n Hebreeuse jong man wat in diens was van die hoof van Farao se lyfwag. Hy het dit vir ons uitgelê.
Afrikaans 1933/1953 En daar was by ons 'n Hebreeuse jongman, 'n kneg van die owerste van die lyfwag -- aan hom het ons dit vertel, en hy het ons drome vir ons uitgelê; aan elkeen het hy die uitlegging volgens sy droom gegee.
Afrikaans 1983 Saam met ons was 'n Hebreeuse jongman, 'n slaaf van die hoof van die lyfwag. Ons het toe ons drome vir hom vertel, en hy het dit vir ons uitgelê. Hy het dit uitgelê volgens elkeen se droom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) By ons was daar 'n Hebreeuse jong man, 'n slaaf van die hoof van die lyfwag. Ons het dit vir hom vertel, en hy het ons drome vir ons verklaar. Vir elkeen het hy dit volgens sy droom verklaar.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Saam met ons was daar 'n jong Hebreër. Hy was die slaaf van die hoof van jou wagte. Ons het vir hom vertel wat ons gedroom het, en hy het vir ons gesê wat ons drome beteken.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Saam met ons in die tronk was daar ’n jong Hebreër. Hy het die hoof van die tronkbewaarders met allerlei takies gehelp. Toe ons hom van die drome vertel, het hy dit sommerso uitgelê. Elkeen se droom het hy vir hom uitgelê.