Genesis 41:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Farao was toornig op sy dienaars en het my in bewaring geplaas in die owerste van die lyfwag se huis, ek sowel as die hoofbakker.
Afrikaans (NLV) 2011 ’n Tyd gelede was u baie kwaad vir my en vir die hoof van die bakkers. U het ons toe in die tronk, in die huis van die hoof van die farao se lyfwag laat opsluit.
Afrikaans 1933/1953 Farao was baie kwaad vir sy dienaars en het my in bewaring gegee in die huis van die owerste van die lyfwag, my en die voorman van die bakkers.
Afrikaans 1983 U het toe kwaad geword vir u dienaars, vir my en vir die hoof van die bakkers, en u het ons laat opsluit in die tronk in die huis van die hoof van u lyfwag.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die farao het hom bloedig vererg vir sy dienaars en het my onder bewaking geplaas in die huis van die hoof van die lyfwag, vir my en die hoof van die bakkers.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) 'n Tyd gelede was jy kwaad vir ons en jy het my en die hoof van die bakkers in die tronk toegesluit, in die huis van die hoof van die wagte wat jou oppas.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Op ’n keer was die koning vir my en die hoofbakker kwaad en het ons albei in die tronk gestop.