Genesis 40:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle sê vir hom: Ons het 'n droom gedroom, en daar is geen uitlegger daarvan nie. En Josef sê vir hulle: Behoort die uitleggings nie aan God nie? sê vir my hulle, ek bid jou. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle antwoord hom: “Albei van ons het laas nag gedroom, maar niemand kan dit vir ons verklaar nie.” “Om drome te verklaar, is die werk van God,” antwoord Josef. “Vertel my wat julle gedroom het.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle antwoord hom: Ons het 'n droom gehad, en daar is niemand wat dit kan uitlê nie. En Josef vra hulle: Is uitlegging nie 'n saak van God nie? Vertel my tog. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het hom geantwoord: “Ons het elkeen 'n droom gehad en ons weet nie wat dit beteken nie.” Toe sê Josef vir hulle: “God ken julle drome se uitleg. Vertel die drome vir my.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle sê toe vir hom: “Ons het gedroom, en daar is niemand wat dit kan verklaar nie.” Toe sê Josef vir hulle: “Hoort verklarings nie by God nie? Vertel dit tog vir my!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het vir hom gesê: “Ons altwee het gedroom, en daar is niemand wat vir ons kan sê wat ons drome beteken nie.” Josef het vir hulle gesê: “Net God kan sê wat drome beteken. Vertel vir my wat julle gedroom het.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het hom geantwoord: “Ons al twee het gedroom, maar hier is niemand wat ons drome kan uitlê nie.” Josef het vir hulle gesê: “Net God kan ’n mens help om drome uit te lê. Vertel my wat julle gedroom het.” |