Genesis 40:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het die dienaars van Farao wat by hom in die bewaring van sy heer se huis was, gevra en gesê: Waarom sien julle vandag so bedroef uit? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Hoekom lyk julle vanmôre so bedruk?” vra hy. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe vra hy die hofdienaars van Farao wat by hom in bewaring was in die huis van sy heer, en sê: Waarom lyk julle aangesig vandag so droewig? |
| Afrikaans 1983 | Hy het vir die twee wat saam met hom in die tronk was, die amptenare van die farao, gevra: “Waarom lyk julle vandag so bedruk?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy vra toe vir die farao se paleisamptenare wat saam met hom onder bewaking was in die huis van sy eienaar: “Waarom het julle vandag sulke somber gesigte?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy vra toe vir die amptenare: “Hoekom lyk julle vandag so bekommerd?” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het toe vir hulle gevra: “Waarom lyk julle vandag so moedeloos?” |