Genesis 40:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het al twee 'n droom gedroom, elkeen sy droom in een nag, elkeen volgens die uitlegging van sy droom, die skinker en die bakker van die koning van Egipte, wat in die gevangenis gevange was. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | het die skinker en die bakker elkeen in die nag ’n droom gehad met ’n eie betekenis. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het altwee 'n droom gehad, elkeen sy droom, in dieselfde nag, elkeen 'n droom met besondere betekenis, die skinker en die bakker van die koning van Egipte, wat in die gevangenis gevange gesit het. |
| Afrikaans 1983 | het die twee een nag gedroom. Die skinker en die bakker van die koning van Egipte het daar waar hulle in die tronk opgesluit was, elkeen sy eie droom gehad met sy eie uitleg. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die skinker en die bakker van die koning van Egipte wat gevange gehou is in die gevangenis het al twee, in dieselfde nag, 'n droom gehad, elkeen sy eie droom met sy eie betekenis. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Een nag het die skinker en die bakker gedroom. Elkeen se droom het iets beteken. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Na ’n lang tyd in die tronk het die koning van Egipte se hoofskinker en hoofbakker een nag albei ’n droom gehad. Hulle het egter nie geweet wat dit beteken nie. |