Genesis 40:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het hulle in bewaring geplaas in die huis van die owerste van die lyfwag, in die gevangenis, die plek waar Josef gevange was.
Afrikaans (NLV) 2011 en het hulle in dieselfde tronk gegooi waar Josef was. Dit was die tronk van die hoof van Farao se lyfwag.
Afrikaans 1933/1953 En hy het hulle in bewaring gegee in die huis van die owerste van die lyfwag, in die gevangenis, die plek waar Josef gevange was.
Afrikaans 1983 Hy het hulle in dieselfde tronk laat sit waarin Josef opgesluit was, in die gebou van die koninklike lyfwag.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het hulle onder bewaking gestel in die huis van die hoof van die lyfwag, by die gevangenis, die plek waar Josef gevange gehou is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die farao het hulle laat toesluit in die huis van die hoof van die wagte wat hom opgepas het. Dit was dieselfde plek waar Josef 'n gevangene was.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Albei is ook onder die direkte toesig van die hoof van die tronkwag geplaas. Hulle het in dieselfde tronk as Josef beland.