Genesis 40:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het die hoof van die skinkers weer in sy skinkersamp teruggebring; en hy het die beker in Farao se hand gegee.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het die hoof van die skinkers in sy ou pos herstel om soos vroeër weer die beker vir die farao aan te gee.
Afrikaans 1933/1953 hy het die voorman van die skinkers herstel in sy skinkersamp, sodat hy die beker in die hand van Farao kon gee,
Afrikaans 1983 Hy het die hoof van die skinkers in sy amp as skinker herstel, en die skinker het weer vir die farao sy beker aangegee,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het die hoof van die skinkers herstel in sy amp as skinker, en hy het die beker in die farao se hand geplaas.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het die hoof van die skinkers weer aangestel om sy skinker te wees, sodat hy weer die wyn kon skink in die farao se beker en dit vir hom kon gee,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die hoofskinker het weer sy ou werk teruggekry en weer die beker in die farao se hand gesit.