Genesis 40:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En op die derde dag, dit was die verjaarsdag van Farao, het hy vir al sy dienaars 'n feesmaal berei; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Drie dae later was dit die farao se verjaarsdag. Hy het ’n groot feesmaal gereël vir al sy amptenare. Hy laat haal toe die hoof van die skinkers en die hoof van die bakkers en verhoor hulle voor almal. |
| Afrikaans 1933/1953 | En op die derde dag, die verjaarsdag van Farao, het hy 'n maaltyd vir al sy dienaars berei en die hoof van die voorman van die skinkers en die hoof van die voorman van die bakkers te midde van sy dienaars verhef -- |
| Afrikaans 1983 | Drie dae later was dit die farao se verjaarsdag en hy het al sy amptenare op 'n groot ete onthaal. Daar voor sy amptenare het hy aandag gegee aan die saak van die skinker en die bakker. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Op die derde dag, op die farao se verjaarsdag, het hy 'n feesmaal aangebied vir al sy dienaars. Hy het toe daar tussen sy dienaars die hoof van die skinkers se kop en die hoof van die bakkers se kop laat lig: |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Drie dae later het die farao verjaar en hy het 'n groot fees gehou vir al sy mense. Hy het toe gedink aan die hoof van die skinkers en aan die hoof van die bakkers en hy het hulle uit die tronk laat kom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | En dit het presies so gebeur. Drie dae later het die farao verjaar en hy het ’n groot fees vir al sy onderdane gehou. Op die feesdag het die farao aan die hoofskinker en die hoofbakker gedink. |