Genesis 40:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar binne drie dae sal Farao jou hoof van jou af ophef en jou aan 'n boom ophang; en die voëls sal jou vleis van jou af eet.
Afrikaans (NLV) 2011 Drie dae van nou af sal Farao jou kop afkap en jou liggaam aan ’n paal ophang. Die voëls sal dan jou vleis kom afpik.”
Afrikaans 1933/1953 Binne drie dae sal Farao jou hoof bo-oor jou verhef -- hy sal jou aan 'n paal ophang, en die voëls sal jou vlees van jou af wegpik.
Afrikaans 1983 Oor drie dae sal die farao aan jou aandag gee, maar vir jóú sal hy aan 'n paal laat ophang en die voëls sal jou vleis van jou afvreet.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Nog drie dae, dan lig die farao jou kop – van jou af. Hy sal jou aan 'n houtpaal hang, en die voëls sal jou vleis van jou afeet.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Oor drie dae sal die farao aan jou dink. Hy sal jou uit die tronk laat kom en hy sal jou aan 'n boom laat ophang. Die voëls sal kom en hulle sal jou vleis van jou liggaam afvreet.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Binne drie dae sal die farao jou kop optel en jou aan ’n paal ophang, en al die voëls sal die vleis van jou liggaam begin opvreet.”