Genesis 40:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe die hoofbakker sien dat die uitlegging goed was, sê hy vir Josef: Ek was ook in my droom, en kyk, ek het drie wit mandjies op my kop gehad. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe die hoof van die bakkers hoor dat die eerste droom gunstig was, vertel hy ook syne vir Josef. “In my droom,” sê hy, “was daar drie mandjies met brood op my kop. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe die voorman van die bakkers sien dat hy 'n gunstige uitlegging gegee het, sê hy aan Josef: Ook in my droom -- toe was daar drie mandjies met witbrood op my hoof, |
| Afrikaans 1983 | Toe die hoof van die bakkers die gunstige uitleg hoor wat Josef gegee het, sê hy vir hom: “En nou ek! In my droom was daar drie mandjies met brood op my kop. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe die hoof van die bakkers sien dat hy dit gunstig verklaar het, sê hy vir Josef: “Ook ek was in my droom. Kyk, daar was drie mandjies met witbrood op my kop. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe die hoof van die bakkers hoor Josef het gesê die skinker se droom beteken dat dit goed sal gaan met hom, sê hy vir Josef: “Ek het ook gedroom. Ek het gedroom daar was drie mandjies op my kop. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe die bakker Josef se verklaring hoor, het hy opgewonde sy eie droom vir hom vertel. “In my droom,” het hy gesê, “was daar ook drie dinge. Daar was drie mandjies op my kop. |