Genesis 40:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want waarlik, ek is uit die land van die Hebreërs gesteel; en ook hier het ek niks gedoen dat hulle my in die put sou sit nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Want ek is ontvoer uit my geboorteland, die land van die Hebreërs. Nou is ek in die tronk gesmyt sonder dat ek iets verkeerds gedoen het.” |
| Afrikaans 1933/1953 | want ek is gesteel, ja gesteel, uit die land van die Hebreërs, en ek het hier ook niks gedoen dat hulle my in die gevangenis gesit het nie. |
| Afrikaans 1983 | Ek is uit die land van die Hebreërs gesteel en ook hier het ek niks gedoen waaroor hulle my in hierdie gat kon gooi nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want ek is inderdaad ontvoer uit die land van die Hebreërs. Ook hier het ek niks gedoen waaroor hulle my in die put moes sit nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het my weggevat uit die land van die Hebreërs. Ek het nie daar of hier iets gedoen wat verkeerd is nie, maar hulle het my in die tronk toegesluit.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek wil so graag uit hierdie plek kom, want ek hoort nie hier nie. Hulle het my met geweld uit my pa se land geneem en my hierheen gebring. Ek het niks verkeerds gedoen nie en ek verdien nie hierdie donker gat nie.” |