Genesis 40:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar dink aan my wanneer dit met jou goed sal gaan, en bewys tog guns aan my, en noem my aan Farao, en bring my uit hierdie huis uit. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | En, asseblief, dink aan my wanneer dit weer met jou goed gaan. Noem my naam by Farao en vra hom om my uit hierdie plek vry te laat. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hou my tog net in gedagte as dit met jou goed gaan, en bewys my tog 'n guns en maak melding van my by Farao en bring my uit hierdie huis uit; |
| Afrikaans 1983 | Maar wanneer dit goed gaan met jou, moet jy aan my dink en moet jy my 'n guns bewys. Jy moet my saak vir hom stel en sorg dat ek uit hierdie plek uitkom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar dink aan my wanneer dit met jou goed gaan. Bewys asseblief trou aan my en maak melding van my by die farao. Kry my so uit hierdie huis uit. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar jy moet aan my dink wanneer dit goed gaan met jou. Jy moet asseblief iets doen om my te help. Vertel vir die farao van my, sodat hy my uit hierdie tronk kan laat haal. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Josef het toe die hoofskinker ’n groot guns gevra: “As dit later weer met jou goed gaan en jy onthou my dalk nog, sal ek bly wees as jy vir my ’n goeie woordjie by die farao sal doen. |