Genesis 40:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar binne drie dae sal Farao jou hoof ophef en jou in jou plek terugbring; en jy moet Farao se beker in sy hand gee, op die vorige manier toe jy sy skinker was. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Binne drie dae sal Farao jou uit die tronk laat haal en jou herstel in jou vorige posisie as hoofskinker. |
| Afrikaans 1933/1953 | Binne drie dae sal Farao jou hoof verhef -- jou in jou rang herstel; en jy sal die beker van Farao in sy hand gee net soos vroeër toe jy sy skinker was. |
| Afrikaans 1983 | Oor drie dae sal die farao aan jou aandag gee en jou in jou amp herstel. Jy sal weer vir die farao sy beker aangee soos vroeër toe jy sy skinker was. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Nog drie dae, dan sal die farao jou weer jou kop laat oplig en jou in jou amp herstel. Jy sal die farao se beker in sy hand plaas soos dit vroeër die gewoonte was toe jy nog sy skinker was. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Oor drie dae sal die farao aan jou dink en hy sal jou werk vir jou teruggee. Jy sal weer die farao se wyn skink en sy beker vir hom gee soos voorheen toe jy sy skinker was. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Oor drie dae sal die koning jou alles vergewe en jy sal jou ou pos terugkry. Dan sal jy weer soos vroeër die beker vir die farao gee. Presies soos in die dae toe jy die hoofskinker was.” |