Genesis 40:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Farao se beker was in my hand, en ek het die druiwe geneem en dit in Farao se beker gedruk, en ek het die beker in Farao se hand gegee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het die farao se beker in my hand gehad. Ek pluk toe van die druiwe en druk die sap daarin uit. Toe gee ek dit vir Farao.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En die beker van Farao was in my hand. En ek het die druiwe geneem en dit in die beker van Farao uitgedruk en die beker in die hand van Farao gegee. |
| Afrikaans 1983 | Ek het die farao se beker in my hand gehad en ek het die druiwe gepluk en daarin uitgedruk. Toe gee ek die beker vir die farao.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die farao se beker was in my hand. Ek neem toe die druiwe en pers dit uit in die farao se beker. Toe sit ek die beker in die farao se hand.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het die farao se beker in my hand gehou, en ek het van die druiwe geneem en dit uitgedruk in die farao se beker. Toe het ek die beker vir die farao gegee.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Terwyl ek dan met die een hand die farao se beker vashou, het ek met die ander hand die ryp druiwe in die beker uitgedruk en dit vir die farao gegee.” |