Genesis 40:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En aan die wingerdstok was drie ranke, en dit was asof dit bot, en sy bloeisels het uitgeskiet; en sy trosse het ryp druiwe voortgebring; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit het drie lote gehad wat begin bot en blom het en gou was daar trosse ryp korrels. |
| Afrikaans 1933/1953 | en aan die wingerdstok was drie ranke; en skaars het hy gebot of sy bloeisel was uit, sy trosse het ryp druiwe geword. |
| Afrikaans 1983 | en aan die wingerdstok was daar drie lote. Dit het kwalik gebot of daar was al blomme, en toe is die trosse druiwe ryp. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Aan die wingerdstok was daar drie lote. Die wingerd het net gebot, toe ontwikkel die bloeisels al en word die klein trossies ryp druiwe. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar was drie ranke aan die wingerdstok. Daar het knoppies op die ranke gekom, dit het bloeisels geword en baie gou was daar trosse ryp druiwekorrels. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Aan die wingerdstok was daar drie ranke. Elke rank het skaars uitgeloop of dit staan in volle bloei en na ’n ruk het daar ryp trosse druiwe gehang. |