Genesis 4:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Kyk, U het my vandag van die aarde af verdryf; en vir U aangesig sal ek verborge wees; en ek sal 'n vlugteling en 'n swerwer op die aarde wees; en elkeen wat my kry, sal my doodmaak.
Afrikaans (NLV) 2011 U het my verban van my grond af en uit u teenwoordigheid. U het my ’n swerwende vlugteling op aarde gemaak. Elkeen wat my teëkom, sal my wil doodmaak!”
Afrikaans 1933/1953 Kyk, U verdryf my nou uit die land uit, en ek moet my verberg vir u aangesig: 'n swerwer en vlugteling sal ek op die aarde wees, en elkeen wat my kry, sal my doodslaan.
Afrikaans 1983 U verdryf my nou van my grond af, en tot U het ek nie meer toegang nie. Ek sal 'n doellose swerwer op aarde wees, en wie my raakloop, sal my vermoor.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Kyk, U verdryf my vandag van die grond af, en vir U sal ek moet wegkruip. Ek sal 'n doellose swerwer word op die aarde, en elkeen wat my teëkom, sal my doodmaak.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) U jaag my nou weg, en daar is nie meer plek vir my op die aarde nie. Ek moet ook vir U wegkruip. Ek moet rondswerf en ek het nie 'n huis waar ek kan woon nie. Elkeen wat my kry, sal my wil doodmaak.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) U het my vandag van die grond af verban. Ek moet wegkruip voor U. Dag vir dag sal ek rusteloos op die aarde moet rondswerf. En enigeen wat my raakloop, sal my ook wil doodmaak.”