Genesis 39:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daar is niemand groter in hierdie huis as ek nie; en hy het niks van my teruggehou behalwe vir jou nie, omdat jy sy vrou is; hoe kan ek dan hierdie groot boosheid doen en teen God sondig? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Niemand het meer gesag daaroor as ek nie. Hy het niks van my weerhou nie, behalwe u, omdat u sy vrou is. Hoe kan ek ooit so ’n slegte ding doen? Ek sal mos teen God oortree.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy is in hierdie huis nie groter as ek nie en het my niks onthou nie behalwe u, omdat u sy vrou is; hoe kan ek dan hierdie groot kwaad doen en sondig teen God? |
| Afrikaans 1983 | Daar is niemand wat in hierdie huis meer gesag het as ek nie. Meneer het niks van my teruggehou nie, behalwe vir u, want u is sy vrou. Hoe kan ek so 'n verkeerde ding doen? Ek sal mos teen God sondig!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy is in hierdie huis nie belangriker as ek nie. Hy het van my niks weerhou nie, behalwe u, omdat u sy vrou is. Hoe kan ek dan hierdie verskriklike kwaad doen en teen God sondig?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek mag van alles gebruik wat hy het, maar ek mag nie seks hê met jou nie, want jy is sy vrou. Ek mag nie hierdie baie verkeerde ding doen nie. Dit is sonde teen God.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In hierdie huis het ek die meeste mag en u man sal my alles gee wat ek vra. Behalwe natuurlik u, sy vrou. Hoe kan ek nou sy vertroue skend en by u gaan slaap? So iets is baie verkeerd en ’n groot sonde teen God.” |