Genesis 39:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar hy het geweier en aan die vrou van sy heer gesê: Kyk, my heer weet nie wat by my in die huis is nie, en hy het alles wat hy het, aan my oorgegee;
Afrikaans (NLV) 2011 Maar Josef het geweier. “Kyk,” sê hy vir haar, “my meester vertrou my met alles in sy hele huishouding.
Afrikaans 1933/1953 Maar hy het geweier en aan die vrou van sy heer gesê: Kyk, deur my is dit dat my heer geen kennis neem van wat in die huis is nie; en alles wat syne is, het hy aan my oorgegee.
Afrikaans 1983 Maar hy wou nie en hy het vir sy eienaar se vrou gesê: “Meneer steur hom aan niks vandat ek hier is nie. Wat hy besit, het hy onder my sorg geplaas.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar hy het geweier en vir die vrou van sy eienaar gesê: “Kyk, met my hier bemoei my heer hom met niks in die huis nie. Alles wat hy besit, het hy in my hande gelaat.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar Josef het geweier en hy het vir haar gesê: “Nee, Meneer weet dat ek alles in sy huis goed sal oppas.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Josef het geweier en gesê: “U man het alles in hierdie huis aan my toevertrou. Hy doen niks as hy my nie eers vra nie.