Genesis 39:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het alles wat hy gehad het in Josef se hand gelos; en hy het nie geweet wat hy moes hê nie, behalwe die brood wat hy geëet het. En Josef was 'n aantreklike mens en 'n guns.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarom het Potifar hom aangestel oor alles wat hy besit. Met Josef aan die stuur het hy geen bekommernisse gehad nie, behalwe om te besluit wat hy wou eet! Josef was goed gebou en baie aantreklik.
Afrikaans 1933/1953 En hy het alles wat syne was, aan Josef oorgelaat, sodat hy met sy hulp van niks kennis geneem het nie as net van die brood wat hy geëet het. En Josef was skoon van gestalte en mooi van aansien.
Afrikaans 1983 Hy het alles aan Josef oorgelaat en hom aan niks gesteur nie, behalwe aan sy kos. Josef was fris gebou en mooi.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het alles wat aan hom behoort, in Josef se hande gelaat. Met hom daar, het hy hom met niks bemoei nie, behalwe met die kos wat hy eet. Josef het 'n mooi voorkoms gehad en was besonder aantreklik.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Potifar het hom oor niks bekommer nie, want hy het geweet dat Josef alles wat hy het, goed sal oppas. Hy het nie gedink aan enige iets wat hy het nie, hy het net gedink aan die kos wat hy geëet het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Josef was in beheer van net mooi alles in die huis van Potifar. Al wat Potifar nog gedoen het, was om die kos te eet wat vir hom voorgesit is.