Genesis 39:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En van die tyd af dat hy hom as opsiener oor sy huis aangestel het en oor alles wat hy het, het die HERE die Egiptenaar se huis geseën ter wille van Josef; en die seën van die HERE was op alles wat hy gehad het in die huis en in die veld. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Van toe af het die Here Potifar geseën ter wille van Josef. Die huishouding het glad verloop en sy boerdery het vooruitgegaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | En vandat hy hom aangestel het oor sy huis en oor alles wat in sy besit was, het die HERE die huis van die Egiptenaar geseënter wille van Josef; ja, die seën van die HERE was by alles wat syne was, in die huis en op die veld. |
| Afrikaans 1983 | Van toe af het die Here die huis van die Egiptenaar geseën. Dit was oor Josef dat die Here dit gedoen het. Die seën van die Here het gerus op al Potifar se besittings, dié in sy huis en dié in die veld. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Vandat hy hom in sy huishouding en oor alles wat hy besit, aangestel het, het die Here die huis van die Egiptenaar geseën ter wille van Josef. Die seën van die Here het gerus op alles wat hy besit, in die huis en in die veld. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Nadat Potifar vir Josef gekies en aangestel het oor sy huis en oor alles wat hy het, het die Here hom en sy huis geseën. Die Here het alles geseën in Potifar se huis en in sy boerdery. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Vandat Josef die hoof van sy huis en besittings geword het, het dit met Potifar ook goed begin gaan. Die Here het alles binne en buite sy huis ter wille van Josef geseën. |