Genesis 39:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En sy heer het gesien dat die HERE met hom was, en dat die HERE alles wat hy gedoen het, in sy hand voorspoedig gemaak het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe Potifar dit raaksien en besef die Here is met Josef aangesien hy suksesvol was in alles wat hy doen, |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe sy heer sien dat die HERE met hom was, en dat die HERE alles wat hy doen, in sy hand voorspoedig maak, |
| Afrikaans 1983 | Toe Potifar, Josef se eienaar, sien dat die Here by Josef is en dat die Here alles wat Josef aanpak, laat slaag, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe sy eienaar merk dat die Here met Josef is, en dat die Here alles wat hy doen, laat slaag deur sy hand, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Potifar het gesien dat die Here by Josef is. Hy het gesien dat die Here dit goed laat gaan met alles wat Josef doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Potifar het agtergekom die Here is naby Josef, want hy was suksesvol in alles wat hy gedoen het. |