Genesis 39:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die bewaarder van die gevangenis het na niks gekyk wat onder sy hand was nie; omdat die HERE met hom was, en wat hy gedoen het, het die HERE dit voorspoedig gemaak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die tronkbewaarder het geen bekommernis gehad nie, want Josef het oor alles toesig gehou. Die Here was met hom sodat hy suksesvol was in alles wat hy gedoen het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die owerste van die gevangenis het glad nie na iets omgekyk wat aan hom toevertrou was nie, omdat die HERE met hom was; en wat hy doen, het die HERE voorspoedig laat wees. |
| Afrikaans 1983 | en die tronkbewaarder het nie meer na iets omgesien nie; alles was in Josef se hande, want die Here was by hom. Wat Josef ook al aangepak het, die Here het dit laat slaag. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die hoof van die gevangenis het nie omgesien na enigiets wat onder Josef se beheer was nie, want die Here was met hom; en wat hy gedoen het, het die Here laat slaag. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die hoof van die tronk het hom oor niks in die tronk bekommer nie, want Josef het gekyk dat alles reg gaan. Die Here was by Josef, en dit het goed gegaan met alles wat hy gedoen het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Omdat die Here by Josef was, was die hoof van die tronk oor niks bekommerd nie. Hy het alles aan Josef oorgelaat en die Here het Josef gehelp, sodat alles goed gegaan het. |