Genesis 39:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die bewaarder van die gevangenis het al die gevangenes wat in die gevangenis was, aan Josef se hand oorgegee; en wat hulle ook al daar gedoen het, hy was die dader daarvan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Spoedig het die tronkbewaarder Josef oor die ander gevangenes aangestel en oor alles wat in die tronk moes gebeur. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die owerste van die gevangenis het almal wat in die gevangenis opgesluit was, aan Josef toevertrou; en alles wat daar te doen was, het hy gedoen. |
| Afrikaans 1983 | Hy het vir Josef in beheer geplaas van al die gevangenes in die tronk en van wat hulle moes doen. Josef was vir alles verantwoordelik, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die hoof van die gevangenis het al die gevangenes wat in die gevangenis was, onder Josef se beheer geplaas. Alles wat daar gedoen moes word, het hy gedoen. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het Josef die hoof gemaak oor al die gevangenes in die tronk. Josef moes kyk dat alles reg gaan in die tronk. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die tronkhoof het Josef toe oor al die gevangenes aangestel. Wat ook al gedoen moes word, het Josef gedoen. |