Genesis 39:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar die HERE was met Josef, en Hy het barmhartigheid aan hom bewys en hom guns gegee in die oë van die bewaarder van die gevangenis.
Afrikaans (NLV) 2011 was die Here ook met Josef. Hy het sy getrouheid aan Josef bewys deurdat die tronkbewaarder hom goedgesind was.
Afrikaans 1933/1953 Maar die HERE was met Josef, en Hy het goedertierenheid aan hom bewys en hom guns verleen in die oë van die owerste van die gevangenis.
Afrikaans 1983 was die Here by hom, en Hy het Josef sy troue liefde laat ondervind, sodat die tronkbewaarder hom goedgesind geword het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) maar die Here was met Josef en het in sy troue liefde na hom uitgereik. Hy het aan hom guns geskenk in die oë van die hoof van die gevangenis.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar die Here was by Josef en Hy het hom gehelp. Daarom was die hoof van die tronk ook vriendelik met Josef.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here was saam met Josef in die tronk. Hy het vir Josef gewys Hy is lief vir hom en die Here het gemaak dat die hoof van die tronk sommer baie van Josef gehou het.